Die kersbeligte seremonie is gehou by ’n kasteel naby Cannes in Frankryk.

Avril (28), wat in Ontario gebore is en op Kanadadag met haar landgenoot Chad getroud is, het aan die tydskrif Hello! gesê: “Ek wou seker maak dis ’n mal vakansie en dat dit ’n onvergeetlike ervaring vir ons gaste is.

“Ek wou hê dit moet uitspattig wees. Ek het ’n obsessie met kastele en is mal oor Franse dekor en die Gotiese tema. Ek het hierdie kasteel in Frankryk opgespoor. Ons het dit besoek en dit was ideaal.”

Die rockers het in Februarie 2012 begin uitgaan nadat Chad Avril haar vyfde studio-album help opneem het. Vir hul troue het Avril ’n Monique Lhuiller-uitrusting van swart tulle gedra. Altesaam 110 gaste het in hul spesiale dag kom deel.

Chad (38) het verklap hy is mal daaroor om Avril sy vrou te noem. Hy het bygevoeg: “Dis regtig ’n spesiale gevoel wanneer jy daardie ring aan jou vinger het en die ander mens jou man of vrou kan noem.”

Avril was voorheen getroud met Deryck Whibley (33) van Sum 41. Hulle is in 2010 uitmekaar