Die mooi tienermeisie met die lang blonde hare sit op haar enkelbedjie voor die klavier in haar slaapkamer en sing oor die liefde: “nader as ’n hartklop, verder as die maan . . . ’’

Die liedjie van Laurika Rauch gaan vanaand vir haar nie soseer oor die liefde van ’n man nie, maar oor haar liefde vir haar pa en haar verlange na hom.

Sy wens so hy kan haar ’n slag hoor sing . . . Dis immers by hom wat sy haar pragtige stem geërf het, maar hy is nie daar om die vreugde te deel die baie kere wanneer sy op die verhoog klim en die gehoor in die palm van haar hand hou nie.

Die 16-jarige Nastassjé Joubert is die dogter van die geliefde gospelsanger Willie Joubert, wat nou onlangs in Huisgenoot vertel het hoe hy uitsien na die geboorte van sy babadogter. Sy vrou, Natasha (31), het vertel hoe hulle ná 11 jaar nou reg is om ouers te word.

Maar die tydskrif was skaars op straat of die briewe stroom in van vriende wat vra hoekom Huisgenoot nie ook vertel van Willie se talentvolle twee tieners in Kaapstad nie.

Lees meer in die Huisgenoot van 9 Junie oor Willie se loopbaan en sy kinders se soeke na hulle pa. 

Volg Huisgenoot op Twitter.