Pleks daarvan is daar knoppies vir stilhou en beweeg. Die maatskappy wat die eenvoudigste tuisblad ter wêreld geskep het, het sensors en rekenaarkrag gekombineer om motor homself te laat bestuur.

Volgens Google is die program steeds in sy prototipe-fase, maar hulle beplan om vanjaar sowat 100 vroeë weergawes vir toetse te bou.

Chris Urmson, die direkteur van die projek, het gesê: “Ons is baie opgewonde oor die voertuig – dit is iets wat ons regtig gaan toelaat om die vermoë van selfbestuur-tegnologie tot die uiterste te voer en die beperkinge te verstaan.”

Kyk hier daarna:

- Janine Nel