Google en die Sweedse medisynevervaardigers Novartis het vandeesweek bekendgemaak hulle span saam om ’n slim nuwe kontaklens te skep.

Met dié gesofistikeerde lens sal diabete hul bloedsuiker kan meet deur die glukose in hul traanvog te ontleed en inligting daaroor na ’n draagbare masjientjie te stuur. Nou sal diabete nie meer telkens elke dag hul vingers hoef te prik om hul bloedsuiker te meet nie.

Die lens sal ook kan fokus op ’n voorwerp of punt en inzoem daarop, nes ’n kameralens. Dit sal veral bejaardes help fokus op nabye voorwerpe en verdiende mense kan help.

Volgens wetenskaplikes gaan die lense binne vyf jaar te koop wees, maar dis nog te vroeg om te sê hoeveel dit gaan kos.

Bronne: googleblog.blogspot.com, Reuters