Die sanger Elvis Blue het sy aanhangers bekommerd gehad toe hy 'n foto van homself met 'n suurstofmasker in 'n hospitaal op Instagram geplaas het.

Maar hulle kan gerus wees – Elvis is 100%.

Tussen verskeie optredes deur het Elvis 'n vinnige draai in 'n Johannesburgse hospitaal gemaak omdat hy 'n griep gehad het wat net nie wou wyk nie, het sy betuurder, Kona Brown, aan Huisgenoot gesê.

"Elvis sukkel al ‘n rukkie met griep wat net nie wou beter word nie. Hy het twee optredes gehad die afgelope naweek agter die rug en het nog 'n verdere 35 optredes om te doen voor die einde van die jaar. "Na 'n optrede in Bloemfontein verlede week, het hy toe besluit om vinnig hospitaal toe te gaan," sê sy. Daar het hy bietjie kortisoon en suurstof gekry om hom (en sy stem) weer 'n hupstoot te gee. “Elvis is baie beter nou en die show gaan steeds aan!” verseker Kona.

Luke.... I am your father!!!! #nofun #novoice

A photo posted by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on