Daar is nou een plek waar jy ouderdomsgeskikte speelgoed kan kry, kan leer oor die hulpmiddels en aktiwiteite wat jou kleinding skoolgereed gaan kry en raad kan kry oor kinderontwikkeling – Myslimkind.

Myslimkind is ontwerp deur ’n span kenners, en verskaf hulpmiddels vir vroeë kinderontwikkeling wat jou help om jou kind die beste kans in die lewe te help gee. Dit is ontwerp vir spesifieke ouderdomsgroepe – geboorte tot ses jaar – in ses sleutel-ontwikkelingsareas.

Die voordele van aansluit by Myslimkind:

  • Jy kry elke twee maande ’n Slimboks met noukeurig geselekteerde, ouderdomsgeskikte boeke, legkaarte en speelgoed wat spesifieke ontwikkelingsareas stimuleer.
  • Ondersteuning en leiding van ons kinderontwikkelingskenners, kindersielkundiges en speelterapeute.
  • Eksklusiewe afslag vir lede op alle produkte in ons aanlyn winkel.
  • Informatiewe blogs, artikels en nuusbriewe met idees vir speletjies en aktiwiteite.
  • Gratis aflewering van jou Slimboks oral in Suid-Afrika.

Besoek myslimkind.com, besoek hul Facebook-blad, volg hulle op Twitter of besoek hul Pinterest-blad vir nog inligting.