Die N1 naby Kaapstad is Sondag weer oopgestel nadat sloping van die Old Oakbrug tussen Old Oakweg en die R300-wisselaar daardie gedeelte van die roete vir die gedeeltes van die naweek eers buite aksie gestel het.

Dit is veral goeie nuus vir pendelaars wat van dié besige roete gebruik maak tussen woning en werkplek. Die roete sou aanvanklik eers Maandagoggend 05:00 weer oopgestel word.

KLIK HIER om te sien hoe die pad nou daaruit sien. Die brug is gesloop om voorsiening te maak vir ’n derde baan om verkeersverligting te help bewerkstellig. KLIK HIER vir foto’s en video: Die einde van ’n era – daar trek die brug! Verkeer in die omgewing oorskry normaalweg 45 000 voertuie per dag gedurende ’n gemiddelde naweek.