Channel24 berig die program gaan dalk ná al die jare terugkeer met ’n vrou in die naamrol.

Lee David Zlotoff, die skepper van die oorspronklike reeks, het in samewerking met Amerika se nasionale akademie vir ingenieurs en voorste Hollywood TV-vervaardigers ’n skarefinansieringskompetisie van stapel gestuur om die nuwe Mac te skep.

Al voorwaarde is die hoofkarakter moet ’n vrou wees.

Vyf deelnemers sal elk R57 500 wen en dan saam met ’n voorste Hollywood-vervaardiger ingedeel word om ’n draaiboek vir ’n loodsepisode te skep.

Die idee is om ’n geslag vroue te inspireer om hulself as ingenieurs te beskou.