Nuus wat Vrydag bekendgemaak is, beteken dat die goue medalje in die 800 m tydens die Londense Olimpiese Spele in 2012 dalk binnekort aan Caster Semenya oorhandig kan word.

Dis nadat ’n mededinger, die Rus Mariya Savinova-Farnosova, daarvan gestroop is omdat sy positief getoets het vir die gebruik van ’n verbode middel tydens die Spele.

  Die internasionale hof vir arbitrasie en sport het Vrydag aangekondig dat Mariya haar goue medalje kwyt is en vir vier jaar uit atletiek geskors is.

Die Rus het die 800 m in 1:56.19 gewen met Caster op haar hakke met 1:57.23

Die arbitrasiehof sê daar is “’n duidelike bewys” dat Mariya ’n verbode middel gebruik het van Julie 2010, net voor die Europese Kampioenskapsbyeenkoms, tot en met die  Wêreldkampioenskapsbyeenkoms van 2013.

Lees ook: Ikoniese Olimpiese atleet goue medalje kwyt na opkikkerskandaal</strong>

Die Internasionale Olimpiese Komitee sal na alle waarskynlikheid binnekort die nommer se medaljes opnuut oorhandig en dan sal Caster ’n tweede goue medalje om haar nek kan hang. Mariya se skorsing geld vanaf Augustus, terwyl al haar uitslae tussen Julie 2010 en Augustus 2013 ongeldig verklaar is. Miriya se ongeluk is onse Caster se vreugde.

Twitter se reaksie