Ná ’n lang stryd met kanker is die sangeres Carike Keuzenkamp eindelik kankervry!

“Nadat die dokter die laaste toetse gedoen het, het ek gister die goeie nuus gekry dat ek heeltemal gesond is,” sê sy opgewonde.

Borskanker is 17 jaar gelede by haar gediagnoseer en in 2012 het sy ’n tweede mastektomie ondergaan.

“Dit was ’n lang pad. In my agterkop het ek altyd gewonder of ek nie nog iewers kanker het nie, maar nou weet daar is niks meer kankerselle in my liggaam nie.”

Dokters het ’n PET-skandering gebruik om haar hele liggaam vir enige spoor van kanker na te gaan.

“Ek is nou weer optimisties en kan aangaan met my lewe. Almal wat vir my gebid het, het my deur dié moeilike tyd gedra.”

Sy begin nou haar volgende album opneem.

- Joshua Carstens