Sy vrou Mareli het Donderdagoggend op ’n Facebook-ondersteuningsgroep vir hom geskryf dat hy wakker geword het en dat hy met sy oë reageer.

mareli nel

Theunis was Maandag in ’n ongeluk by die Garsfontein-afrit in Pretoria betrokke nadat ’n bakkie van agter teen sy motorfiets vasgery het. Sy regterarm is in die ongeluk vergruis en is bokant die elmboog geamputeer.

Hy het onder meer naam gemaak met ’n rol in Egoli en was ook voorheen ’n aanbieder op Pasella. Meer onlangs was hy te sien as aanbieder van die kykNET-program Woema.