Hulle nuutste album, Grootste treffers, is nou beskikbaar!

Dit is Suid-Afrika se gunsteling-mannekwartet se finale encore. Dit bevat 40 treffers en vyf nuwe opnames.

“Die album is die storie van ons ervarings die laaste ses jaar. Die nuwe treffers is ons beste werk tot op hede,” sê André Venter, ’n voormalige lid van die groep.

En soos die manne in die omslag van die album sê: “Ná ses absoluut onvergeetlike en geseënde jare was dit die perfekte noot om mee af te sluit. Maar die droom hou nie hier op nie, want dit leef in elkeen van ons voort . . . Dit is dus net die begin!”

Hulle het nie nou planne om weer saam te sing nie, maar wie weet, dalk eendag. . .

Luister na die nuwe enkelsnit, Waterval - KLIK HIER

- Suzanne Venter

rom