Jean het dit oor Michael gesê nadat hy die Duitse ster besoek het by sy herehuis in Switserland met ’n doelgeboude mediese suite.

“Ons moet aanneem dat Michael binnekort weer taamlik normaal sal kan leef,” het Jean gesê.

“Ons kan sê dat hy dalk nooit weer ’n Formule Een-motor sal bestuur nie, maar hy veg.

“Sy toestand het verbeter, en ook belangrik, hy is nou tuis by sy gesin.” Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen is twee maande gelede uit ’n rehabilitasiekliniek in Lausanne ontslaan. Hy is daar behandel nadat hy uit sy geïnduseerde koma ontwaak is ná sy ski-ongeluk op 29 Desember verlede jaar waarin hy ernstige breinbeserings opgedoen het.

'Hy het tyd en vrede nodig.'

Jean, wat nou voorsitter van die Internasionale Motorfederasie is, het bygevoeg: “In die afgelope het hy gevorder, as ’n mens die erns van sy besering in ag neem.

“Maar daar lê ’n lang, moeilike pad vir hom voor. Hopelik sal hy verbeter. Sy gesin is by hom. Hy het tyd en vrede nodig.”

’n Span van 15 kenners versorg Michael tuis. Hy is blykbaar nog aan sy bed gekluister en kan nie praat nie.

Bronne: The Mirror, Motorsport.com, Express.co.uk