Hy het ná die roudiens vir Martin (54), Teresa (55) en hul seun Rudi (22) met die media gepraat.

Die Van Breda’s is verlede Dinsdag in hul huis op die gholflandgoed De Zalze op Stellenbosch met ’n byl aangeval.

Henri, die middelkind, het oorleef, en Marli is baie ernstig gewond.

André het gesê Marli kan al haar oë in reaksie op vrae beweeg.

Volgens hom is die Vergelen Mediclinic is die beste plek waar sy broerskind in kon opeindig, want daar word na haar gekyk asof sy die mediese personeel sy eie kind is.

Sy kry ook gereeld drukkies by die personeel. Familie en vriende van Marli word nie toegelaat om haar te besoek nie. “Carla Hanekom (van die hospitaal) het my vanoggend gebel. Hulle wil vir Marli na 'n groter kamer skuif dat sy met fisioterapie kan begin,” het hy gesê. Volgens André was Henri, wat sedert die voorval by familie bly, ook by die roudiens, maar is uit die oog gehou.

'Ons is Henri se backup en sal hom nie teleurstel nie.'

“Ons is Henri se backup en sal hom nie teleurstel nie. Hy is in ons harte en ons het hom belowe ons gaan hom nie drop nie,” het André gesê.

“Henri is hartgebroke. Hy gaan deur trauma, daar is geen twyfel daaraan nie. Ons as familie sal hom ondersteun.”

- Hilda van Dyk

Bykomende bronne: EWN, Netwerk24, Twitter