Die toestand van Kurt Darren se oë is besig om aansienlik te verbeter, berig Beeld.

Kurt het verlede jaar in ’n ernstige motorongeluk skedelbreuk opgedoen; sy oogsenuwees is ook beskadig.

Hy het sedert die ongeluk dubbelvisie en kan nie sy linkeroog beweeg nie.

Die gewilde sanger het aan Beeld gesê dat hy sy oogspesialis twee weke gelede besoek het, en dat sy oë sedert sy vorige besoek met 60% verbeter het.

LEES MEER HIER