Hy heet Jamie Ryan en is Jay en Mia se derde seuntjie, naas Aidan (8), Samuel (6) en Luka (2).

Jay het vanjaar die goeie nuus van Jamie Ryan se koms in sosiale media aangekondig, kort nadat hy en die sangeres Lianie May hul nuwe duetalbum, Vir Liefde, uitegereik het.

“Ons is aan die Here dankbaar vir die groot geskenk,” het hy geskryf. “Dit is ’n seun, so nou het ons amper ’n derde van ’n rugbyspan... Ons is geseënd en vol opgewondenheid!”

Die sanger, wat al sewe jaar met Mia getroud is, het bygevoeg: “As julle gewonder het, ek is nou defnitief klaar.” En wat het pa Jay te sê oor die nuweling?