Die aktrise Liv Tyler is weer ma. Die aktrise en haar verloofde, die sportagent David Gardner, het hul tweede baba die afgelope naweek verwelkom. Sy het Saterdag ’n foto op Instagram geplaas waar David vir klein Lula Rose in sy arms vashou, met die volgende byskrif: “Hallo!!! Ons pragtige dogtertjie het gearriveer!!! Lula Rose Gardner, ons is sooooooo bly. Hart ontplof van liefde!!!”

A photo posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on

Liv en David is ook die trotse ouers van die eenjarige seuntjie, Sailor Gene, terwyl die 38-jarige ster ’n 11-jarige seun, Milo, uit haar huwelik met die Britse rocker Royston Langdon het.

A video posted by Liv Tyler (@misslivalittle) on
Gardner het ook ’n agtjarige seun uit sy huwelik met die aktrise en sosiale vlinder Davinia Taylor. Tyler het in Januarie aangekondig sy is swanger en getwiet: “O genade, dit lyk asof die ooievaar ons weer gaan besoek … ons gesin groei!!! So bly. @davidgardner, ek is lief vir jou.”  

Die aktrise het ook die vordering van haar swangerskap op Instagram geplaas en net verlede week was die byskrif by een gleuf: “Ooo my genade, kyk net daardie knop, so yslik en puntig!! Ek kan nie wag om die pragtige klein mensie wat daar binne bly te ontmoet nie …”

Die kleinding gaan blykbaar Tyler se laaste baba wees – sy het onlangs gesê: “ ek was vir ’n volle twee jaar swanger. Dit voel soos ’n ewigheid … ek dink ons is na dese klaar.”

Sy het voorheen aan die Britse koerant Metro gesê: “ek het nie geweet ek gaan twee babas in twee jaar hê nie. Dit is die gekste ding wat ooit met my kon gebeur.”

Moederskap pas egter die ster van Armageddon – sy het aan die nuusblad gesê dit bring “ ’n gevoel van kalmte” oor haar.

“Om ’n baba te kry en ’n baba te laat groei, is moontlik die uitdagendste ding wat jy ooit sal doen,” het sy bygevoeg. “As ek daarna weer gaan werk, voel ek tot ’n mate baie vryer. Dit het my beslis verander.”

En Liv is nie al bekende wat ma geword het nie!

Die sangeres Alanis Morissette het haar tweede kind verwelkom.

Die 42-jarige Jagged Little Pill-sangsensasie het die opwindende aankondiging Vrydag op Instagram geplaas, met ’n nabyfoto van haar waar sy haar pasgebore dogter voed.

A photo posted by Alanis Morissette (@alanis) on

Die byskrif het gelui: “Sy’s hier! Onyx Solace Morissette-Treadway June 23 2016 #beyondblessed”.

Klein Onyx is die tweede kind van Alanis en haar man, die rapper Mario “Souleye” Treadway. Die paartjie het ook ’n vyfjarige seun, Ever.

Die ster van Ironic het daarin geslaag om tot nou toe die geboorte van haar dogter op 23 Junie geheim te hou, deels omdat daar gerugte was dat die kleintjie nie voor die einde van die somer gebore sou word nie.

Slegs ’n week nadat sy gekraam het, het die slim musikant haar bewonderaars, die groot publiek en die skindertonge se aandag van die baba se geboorte afgetrek deur op 28 Junie ’n fantastiese onderwater-naakfoto van haar in sosiale media te deel.

Die betowerende waterfoto wys die swanger Alanis waar sy rustig in ’n swembad dryf met haar babamagie ten volle tentoongestel.

Die inskrywing daarby het ’n aanhaling deur haar seun , Ever, ingehad. Dit sê: “ ’n Mens moet ekstra versigtig wees in die nabyheid van dames. Hulle is die hulpvaardigste mense in die wêreld, want hulle maak mense.”

Alanis het in Februarie 2016 bevestig sy en haar man verwag hul tweede kind. Die paartjie is in 2010 getroud.

© Cover Media