Nou het David Hasselhoff met ’n gesogte prys weggestap: 'n internasionale Emmy vir die beste komediereeks! En dis boonop vir ’n reeks waarin hy ewe lekker met homself die draak steek. Hoff The Record.

David Hasselhoff, in die vrye omgang beter bekend as die Hoff, was nog voor Chuck Norris die man met wie almal die draak gesteek het terwyl talle vroue oor sy lang bene en gespierde borskas geswymel het.
Dis te betwyfel of David weer witwarm op die middelste blad sal pryk soos in sy prille jeug, maar daar's iets te sê vir die man wat net nie uit die kollig kan bly nie.
Glo dit as jy wil of nie, die Hoff se witter-as-wit glimlag en lenige lyf verklap net mooi niks daarvan dat sy naam by verskeie Guinness World of Records verskyn nie.

A photo posted by Mgr. Jakub Urban (@urbjak) on

Die een is vir die man wat die meeste op TV gekyk word. Dit is nie té vergesog nie. Selfs Hugh Laurie, die krapperige karakter van House, kon hom nie onttroon nie.

Maar die ander rekord gaan jou twee keer na hom laat kyk: die hoogste agteruit-reksprong! Die Hoff het op 30 Junie 2011 70 m die lug ingeskiet toe hy sy rekord by Battersea Power Station in Londen, Engeland opgestel het. Weg van die strand en sy rooi Speedo waarin hy vir 11 jaar Baywatch se Mitch was, het David in 1993 ook ’n enkelsnit uitgereik - een wat selfs vandag se jongspan sal ken: Pingu Dance!

En hoe kan daar na Baywatch verwys word sonder om Pamela Anderson ook in te sluit?

A photo posted by Jack (@mundybrown) on

Vreemder as vreemd. Die Hoff is nie juis oorgewild in Amerika nie, maar in Europa is hierdie man vandag nog groter as groot. Sy album Looking For Freedom het ook in die laat 1980's drievoudige platinumstatus in Europa bereik.

Veral Duitsland was gek oor hom. Maar dit was eerder sy karakter as Michael Knight in Knight Rider wat hom daar gewildheid besorg het.

In 1988 het hy selfs in Suid-Afrika harte verower, meer spesifiek dié van Patricia Lewis!
Intussen sit die Hoff nie stil nie. Om die waarheid te sê, hy bly ook nie stil nie!

Die wêreld van gifs oor die Hoff