Die model Kerry McGregor is swanger met haar en die voormalige Protea-kolwer Neil McKenzie se derde kind.

A post shared by Kerry McGregor (@kerrydmac) on

A post shared by Kerry McGregor (@kerrydmac) on

Die paartjie, wat in 2007 getroud is, is reeds die ouers van ’n seun, Luke (9), en ’n dogter, Riley (7).

A post shared by Kerry McGregor (@kerrydmac) on

Kerry het die blye nuus dat nog ’n dogtertjie op pad is op Instagram gedeel. Sy het ’n foto van pienk-en-wit Dior-skoene geplaas waarop geskryf staan: “Ons het nuus.”

Well, look what's happened... ? • • #morepink #growing #family #expanding #blessed

A post shared by Kerry McGregor (@kerrydmac) on

“Wel, kyk wat het gebeur,” het Kerry verder by die foto geskryf en hutswoorde gedeel dat die gesin uitbrei, hulle geseënd voel en dat nog pienk op pad is.

Aanhangers, familie en vriende het hulle gelukgewens.

“Dit is wonderlike nuus. Geluk, Mackers,” het die Springbok Bryan Habana geskryf.

Well, look what's happened... ? • • #morepink #growing #family #expanding #blessed

A post shared by Kerry McGregor (@kerrydmac) on

Met soveel mooi vroue in die huis lyk dit of Neil, wat sedert verlede jaar die Proteas se kolfafrigter is, nou ’n haelgeweer sal moet aanskaf.

Baie geluk, Kerry en Neil!