’n Britse vrou het ’n nare verassing gekry toe sy aan haar “gekreukelde, ouvrou-boude” laat sny het.

Heidi Faulkner (36) het vir jare met vetsug gesukkel. Keelvol het sy besluit om ’n maagomleiding te kry. Sy het die helfte van haar liggaamsgewig deur dié prosedure afgeskud.

“Ek het in 2007 R165,000 aan ‘n maagomleiding spandeer en dit het my lewe verander,” vertel Heidi. “Ek het in drie jaar van ’n grootte 16 tot ’n grootte 8 gegaan. Ek was vreeslik gelukkig. Ek was uiteindelik wie ek veronderstel was om te wees.”

Die groot gewigsverlies het beteken dat Heidi baie los velle rondom haar maag en bene gehad het. Sy het ook “gekreukelde voue wat afsak” rondom haar boude gehad.

“Ek was ’n 30-jarige met die lyf van ’n 80-jarige.”

Haar seun het haar gespot en gesê dit lyk of haar boude gesmelt het. “Dit het geen vorm gehad nie, my boude was plat en oefening het geen verskil gemaak nie.”

Daarom het Heidi ‘n drastiese besluit geneem om aan haar gekreukelde agterstewe te laat sny.

Sy het haar spaargeld van byna R40,000 bymekaarsgeskraap en na Praag gevlieg vir ’n ‘booty job’ om haar boude te lig, stywer te span en reg te ruk. Maar toe die verbande afkom, was Heidi alles behalwe beïndruk met wat die “goedkoop” Praagse plastiese chirurg aangevang het.

Dit was asof 'n haai 'n groot hap uit haar boude gevat het.

“Daar was twee enorme littekens oor my boude asof ’n haai ’n groot hap gevat het.”

Die dokter het haar pobeer gerusstel dat dit beter sou lyk sodra die swelling afsak, maar dit het nie.

Heidi is glo net een van verskeie vroue - én mans - wat elke jaar kosmetiese werk aan hul agterstewe laat doen.

Die afgelope twee jaar het dokters ’n toename van 484% in navrae vir ‘booty jobs’ gesien.

In Brittanje kos só ’n operasie gewoonlik sowat R83,000. Daarom gaan soveel eerder oorsee waar dit goedkoper is.

Heidi wil nou mense waarsku dat dit op ’n ramp kan afstuur, soos in haar geval.

Om sake te vererger kon sy ook nie ordentlik sit na die operasie nie.

Sy gaan binnekort in ’n TV-reeks Botched up Bodies verskyn sodat meer mense van haar ervaring kan hoor.

Dokters van Botched up Bodies het haar kosmetiese fiasko beskryf as ‘n “tameletjie met geen maklike oplossing nie”.

In ’n twee-uur lange operasie kon hulle haar boude tot in ‘n mate weer herbou met vet wat uit haar knieë, heupe en bobene gesuig is.

Heidi vertel dit het gehelp dat sy darem weer kan sit, maar sy moet steeds baie oefeninge doen om spiermassa terug te kry. Hierdie foto is hoe sy nou lyk.

Bronne: Mirror.co.uk; Dailyrecord.co.uk