Inteendeel, dis ’n lewensgrootte model van die vuurspuwende monster Godzilla se kop. Groot is dit gewis – dis ’n hele 52m in hoogte! Dié model is nou deel van die Hotel Gracery in Tokio, Japan.

Amptenare hoop dat Godzilla, ’n baie gewilde handelsmerk in Japan, wat weer wêreldwyd gewild geraak het na ’n treffer fliek in 2014, meer toeriste na die stad sal laat stroom.

Godzilla het vir die eerste keer in 1954 in Ishiro Honda- fliek verskyn en het sedertdien in 28 flieks van die Japanese filmmaatskappy Toho verskyn.

Gaste by die hotel kan in verskeie kamers die geskiedenis van die ikoniese monster herleef. Vir deurwinterde Godzilla-aanhangers is daar natuurlik ’n baie spesiale kamer: waar hy jou heel aand deur die venster sal dophou.

Kyk hier na die video van die hotel:

Bronne: Twitter, YouTube, Daily Mirror