’n Snikkende Celeste Nurse is uit die hof gelei toe regter John Hlophe aankondig hy bevind die vrou skuldig wat daarvan aangekla is dat sy Zephany Nurse gesteel het.

[caption id="attachment_118905" align="alignnone" width="600"]Zephany se grootmaakma. Foto: Argief Zephany se grootmaakma. Foto: Argief[/caption]

“Ja! Ja!” het ook van die galery gekom waar van die ondersteuners van die Nurse-familie gesit het.

Die regter het geen genade vir die vrou gehad toe hy Donderdagoggend uitspraak lewer in die Kaapse hooggeregshof nie.

“Daar was geen aannemingsdokumente nie en die omstandighede wat jy beskryf het waaronder die baba vir jou gegee is, was uiters verdag. Dit is duidelik van die DNS dat jy nie die kind se biologiese ma is nie. Die biologiese ouers het ook nie vir jou toestemming gegee dat jy hul kind kan vat nie.

Lees ook: Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

“Dit verg nie ’n ruimtewetenskaplike om te weet dat jy nie ’n baba in Suid-Afrika kan koop nie,” het die regter vir haar gesê.

Hy het haar skuldig bevind op al drie aanklagte: ontvoering, bedrog en oortreding van die Kinderwet.

Die vrou beweer sy is deur ’n vrou met die naam Sylvia by die Tygerberg-hospitaal genader wat haar sou help om swanger te raak.

Sy het haar R3 000 betaal vir vrugbaarheidsbehandelings en nadat die behandeling nie gewerk het nie, het sy haar op ’n dag gebel en gevra om haar by die Wynberg-treinstasie te ontmoet waar nog ’n vrou die baba aan haar oorhandig het.

Sy was onder die indruk dat sy die baba sou aanneem.

Lees ook: ‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Toe die skuldige deur die polisie weggeneem is, het haar man vanuit die banke agter in die hof opgestaan om haar handsak by haar te neem.

Sy was deurentyd beheersd en het met tye oor haar ken gevryf.

Toeskouers wat uit die galery verdaag het, was luidrugtig. Morné en Celeste Nurse wat sigbaar emosioneel, maar wou geen kommentaar lewer buite die hof nie.

Chanté Booysen, ’n niggie van Morné, het gesê die Nurse-familie is bly oor die uitspraak.

“God het geweet waarom ons vir hierdie dag moes wag. Daar was baie seer en daar was baie hartseer, maar God het ons deur die afgelope 20 jaar gedra.”

Buite die hof het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê hulle is tevrede met die uitspraak.

“Die regter het iets van 10 jaar in die hof genoem, maar ons sal vir selfs ’n langer vonnis vra.”

- Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com:

Vrou vertel van haar Tinder-nagmerrie met ‘dokter’

Pa adverteer sy ‘fantastiese, godvresende, maagdelike’ dogter om potensiële kêrels te lok

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes