Die ster, wat Saterdag aan ’n oordosis heroïen en alkohol dood is, se vriende het hom vroeër vanjaar oor sy verslawings gekonfronteer en hom later aangemoedig om in Maart vir die tweede keer rehabilitasie te kry.

Die groep vriende het ’n “oop gesprek” met hom gehad oor sy verslawing en hy het glo hul hulp aanvaar. “Hy het hom nie teëgesit nie,” het ’n bron aan TMZ.com vertel. “Hy was altyd baie dankbaar en bewus van hoe bevoorreg hy was. Ons het besluit op die beste manier om ons vriend te help. Die reeks het tweede gekom naas sy welstand.”

Hoewel hy 30 dae rehabilitasie ontvang het, kon die 31-jarige akteur nie sy verslawings klop nie en personeel by die Fairmont Pacific Rim-hotel in Vancouver, Kanada, het op sy lyk afgekom nadat hy nie uitgeteken het nie. Cory se meisie en medester, Lea Michele (26), is “absoluut ontroosbaar” en “platgeslaan”.

Die spelers van Glee, onder wie Chris Colfer, Matthew Morrison en Jane Lynch, het Cory glo help nugter bly terwyl hy die reeks in Los Angeles verfilm het, maar met sy terugkeer na sy tuisstad, Vancouver, was daar altyd “alkohol en dwelms betrokke”.