Die rocker Adam Levine en sy modelvrou, Behati Prinsloo, het die ouers van ’n babadogter geword. Bronne sê aan E! News die Victoria's Secret-skoonheid, wie se verwagte kraamdatum Dinsdag 20 September was, het die lewe geskenk. Dit is die egpaar wat in 2014 getroud is se eerste kind. Volgens bronne het die paartjie hul dogtertjie Dusty Rose Levine genoem.

Growing ?

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on
Die Maroon 5-voorsanger het angstig op die baba se koms gewag en op Vrydag 16 September ’n vertoning op Maandagaand 19 September in Hartford, Connecticut, gekanselleer sodat hy aan Behati se sy kon wees wanneer sy begin kraam. Dit was die jongste datum op die musiekgroep se toer wat deur die baba geraak is. Die sterre het reeds sewe vertonings uitgestel wat oorspronlik vir laat September vanjaar geskeduleer was. Die konserte sal nou in Februarie en Maart volgende jaar plaasvind. “Ongelukkig is dit deel daarvan om binnekort ’n baba te hê,” het Adam verduidelik in ’n video wat vroeër dié maand op Instagram gelaai is. “Dis die lewe, en dis pragtig, maar dit kan ingewikkeld wees, en ek vra om verskoning vir enige ongerief.”

Saying goodbye to a legend...? #mambaout #kobebryant

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

“Ons hoop julle ouens kan na die vertonings gaan; dit sal net so goed wees,” het Adam aanhangers verseker. “Ons is lief vir julle en ons is jammer.”

Maroon 5 het hul laaste konsert voor Adam se vaderskapsverlof op Saterdag 17 September in Massachusetts gehou. Hulle sal na verwagting op 3 Oktober in St Louis, Missouri, hul pligte hervat.

Die nuus van Behati se swangerskap het in Maart vanjaar bekend geword. Adam het voorheen gepraat oor sy begeerte om saam met die Namibiese skoonheid met ’n gesin te begin.

“As ek môre of oor vyf jaar ’n kind het, sal dit pragtig wees,” het hy in 2013 gesê. “Ek weet nie wat sal gebeur nie. Ek beplan nie.”

Maar hy het dit duidelik gemaak hy wil ’n groot gesin hê: “So 17,” het hy in 2014 geskerts. “Is dit redelik? Maar ek is baie lief vir kinders.”

© Cover Media