As die bose Gita het Jo ons menige aand na ons asem laat snak met wat sy alles aangevang het. Maar soos tereg gesê word: Nes ’n kat het sy sewe lewens...

Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte van 7de Laan, het bevestig dat die aktrise Jo da Silva binnekort Kaap toe verhuis en as een van 7de Laan se hoofspelers gaan bedank.

[caption id="attachment_125042" align="aligncenter" width="600"]Die Laners wat so deel geword het van die Suid-Afrikaanse landskap. Die Laners wat so deel geword het van die Suid-Afrikaanse landskap.[/caption]

“Ons het ooreengekom dat sy nog van tyd tot tyd Johannesburg toe sal vlieg om storielyne vir 7de Laan te verfilm. Dit beteken Jo verlaat die sepie nie heeltemal nie, maar gaan net minder in die sepie verskyn.”

[caption id="attachment_125035" align="aligncenter" width="600"]Jo en Mimi Mahlasela wat die rol van Aggie Ngwenya in 7de Laan vertolk. Foto: Facebook Jo en Mimi Mahlasela wat die rol van Aggie Ngwenya in 7de Laan vertolk. Foto: Facebook[/caption]

Rosa-Mari kon nie in hierdie stadium bevestig waarop Jo haar nou in die Kaap gaan toespits nie.

Jo het vroeër vanjaar in ’n onderhoud met Huisgenoot vertel toe sy verlede jaar vier keer in die hospitaal was, was haar dogter, Caitlin, haar grootste steunpilaar (My kind, my rots in die storm).

[caption id="attachment_125045" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Sy is my rots,” het Jo vertel. Jo was begin verlede jaar langer as 10 weke platgetrek weens ernstige longontsteking. Tussen Julie en Oktober was sy drie keer in die hospitaal omdat haar dunderm verstrengel was.

[caption id="attachment_125027" align="aligncenter" width="480"]Jo gesels met Huisgenoot oor wat sy as haar 'moeilikste jaar' bestempel. Foto: Facebook Jo gesels met Huisgenoot oor wat sy as haar 'moeilikste jaar' bestempel. Foto: Facebook[/caption]

“Dit was regtig een van die moeilikste jare van my lewe.

“Ek het skuldig gevoel omdat ek nie daar was vir Caitlin nie en die span by 7de Laan in die steek gelaat het,” het Jo vertel. “Maar ek het besef dis nie my skuld nie; ek kon nie help ek was so siek nie.”

[caption id="attachment_125040" align="aligncenter" width="600"]Weg is die bose Gita, terug is die vriendelike Jo. Foto: Facebook Weg is die bose Gita, terug is die vriendelike Jo. Foto: Facebook[/caption]

Caitlin het intussen vanjaar haar vlerke van Johannesburg tot in Kaapstad gesprei. Sy het verlede jaar matriek geskryf en studeer nou mariene biologie aan die Universiteit van Kaapstad.

“Ek het nie leënessindroom nie. Ek mis haar verskriklik, maar het soveel vertroue in haar dat ek glad nie bekommerd is nie,” het Jo vroeër vanjaar gesê.

[caption id="attachment_125041" align="aligncenter" width="600"]Wilhelm van der Walt, wat die rol van Gita se seun Ty, in die reeks vertok al te deftig saam met Jo by die Saftas. Foto: Facebook Wilhelm van der Walt, wat die rol van Gita se seun Ty, in die reeks vertok al te deftig saam met Jo by die Saftas. Foto: Facebook[/caption]

Sy verfilm nog tot einde vandeesmaand by 7de Laan en sal tot einde Augustus op die kassie te

sien wees.

So het Gita in 2012 vir die Flooze die stryd aangesê met Skouspel 2012.

“Ons by 7de Laan is hartseer oor die verlies van ’n wonderlike aktrise, maar ons wens haar alle voorspoed toe vir die toekoms. Dis nie vaarwel nie, maar ons groet net voorlopig,” sê Rosa-Mari.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Sterre in futuristiese robot-pakke, lateksrokke laat die koppe draai by vanjaar se Met-gala

Aitsa! Die geheim agter Karlien van Jaarsveld se nuwe styl

29-jarige met Downsindroom verloor byna 50 kg in ongelooflike transformasie

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’