Voor daardie noodlottige nag was daar maar min bekend oor die sesde seun van een van die mees omstrede staatshoofde ter wêreld – en die bietjie wat die wêreld geweet het, was nie juis gunstig nie.

Al het hy nie eintlik ’n rol gespeel om sy pa aan sy mag te help vasklou nie, het Saif al-Arab Ghaddafi ’n reputasie gehad as ’n gewelddadige en windmakerige man wat daarop uit was om ’n rykmanslewe te lei.

Maar sedert ’n lugaanval deur die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) op 30 April is sy naam nie meer net iets in die Ghaddafi-stamboom nie.

Die 29-jarige naasjongste seun van Moeammar Ghaddafi is in die aanval dood. Vir party het hy ’n martelaar geword, terwyl ander hom as ’n toevallige sterfgeval beskou in ’n sending wat oënskynlik daarop gemik was om die Libiese leier uit te wis.

Moeammar en sy vrou, Safia,was ook in die huis tydens die aanval. Hulle het ongedeerd daarvan afgekom, maar drie van hul kleinkinders, almal onder twee jaar oud, het saam met Saif al-Arab omgekom.

Lees meer in Huisgenoot van 12 Mei.