En dit was bloot net natuurlik vir Justin om sy beste vriend, Gabe as sy strooijonker in te span.

Justin het sy been verloor tydens ’n ontploffing wat deur ’n verbeterde ontploffingstoestel (“IED") veroorsaak is. By sy terugkeer huistoe is Gabe as ’n terapiehond aan hom gegee. 'n Sterk band het baie gou tusen die twee ontwikkel.
Toe Justin verlede jaar op Veteraansdag vir Carol Balmes, sy hoërskoolliefde, vra om met hom te trou, was Gabe ook by. Dit was dus nie minder as reg nie dat die goue retriever sy regmatige plek voor die kansel ingeneem het.

En, ons moet sê, Gabe het absoluut windmakerig gelyk in sy “kispak“

Bronne: abcnews.go.com, time.com