En die slegte nuus is: Die Suid-Afrikaanse weergawe het nie die paal gehaal nie.

Die maatskappy, wat sedert 2010 hier sake doen, het op sy webtuiste aangekondig hy gaan vanaf vandag (Vrydag 4 November) sy “sake in Suid-Afrika afhandel” sodat daar van vandag af geen aanbiedings meer sal wees nie.
Hy het bygevoeg al die koopbewyse wat reeds gekoop is, sal geldig bly tot die datum wat op die koopbewys aangedui word, maar het ook kontantbewyse aangebied aan enige klante “wat nie gemaklik daarmee voel om hul koopbewyse te gebruik nie”. Die firma vra dat klante voor 30 November met hom kontak maak by 021-201-7100 of per e-pos support@groupon.co.za.

My Broadband het verlede maand berig die aanlyn groep gaan sy internasionale sake afskaal.

“Die maatskappy het besluit hy gaan voortaan sake doen in 15 lande, vergeleke met 27 in die portefeulje in die tweede kwartaal van 2016,” het Groupon in ’n verklaring gesê.