Die gewilde TV-aanbieder Roxy Burger en haar man, Neil Sharga, verwag 'n dogtertjie.

Roxy het die nuus op 'n prettige manier op Instagram bekend gemaak. Op die foto staan sy en haar man langs mekaar en word hulle dan met pienk vloeistof gespuit. "Dis hoe ons uitgevind het ons verwag 'n dogtertjie," het sy gister op Vrouedag by die prettige foto's geskryf.

Die paartjie het drie jaar gelede getrou.

Lover ? #RockBar #Bali #Seminyak #Indonesia

A post shared by Roxy Burger (@roxyburger) on

Hulle het verlede maand op sosiale media onthul dat hulle hul eersteling verwag. Hul kleinding word in Januarie gebore, het sy getwiet.

Veels geluk julle twee!