Siya se vrou, Rachel, het pas die nuus op Instagram bekendgemaak.

Die paartjie het reeds ’n seuntjie, Nicholas, wat in September drie jaar oud word. Rachel is vier en ’n half maande swanger, vertel sy aan ons. En dis amptelik. "Ons verwag ’n dogtertjie," vertel sy.

"Ons is baie opgewonde."

So het sy die nuus op Instagram bekendgemaak.

Die gelukwense het ingestroom nadat Rachel die swangerskapsnuus in die sosiale media gedeel het. "Ons kind. Sy gaan pragtig wees," het die ster-atleet Wayde van Niekerk se verloofde, Chesney Campbell, laat hoor.

Die Kolisi-huishouding brei nou uit tot ses lede. Siya het sy halfsussie, Phelo (9) en -boetie Liyema (15) onder sy vlerk geneem.

Die kinders kan nie wag vir die jongste toevoeging tot die gesin om gebore te word nie, vertel Rachel. "Hulle is almal baie opgewonde."

Excited to get home ??

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

So grateful that out of all of them God chose this one for me ????

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Rachel deel gereeld die skattigste foto's van hul gesin op Instagram.

Liyema's first dance last night ????????#teamdropoff

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Veels geluk julle!

Winning. ??

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on