Toe vind daar ’n programskommeling plaas en die bekkige Rian van Heerden verlaat die bekroonde Complimentary Breakfast-program op Jacaranda FM.

Maar die kat kom weer, hierdie keer net later in die dag! Rian keer tot groot vreugde van sy lojale aanhangers terug.

Hy gaan nou wel nie jou oggende opkikker nie, maar vanaf 31 Julie gaan hy beslis die huppel in jou stap of rit in die middag sit wanneer jy koers kies huis toe. (En jou dalk ook warm onder die boordjie laat, maar nooit verveel nie.

Wees verseker, weekdae van 16:00 tot 19:00 gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Kevin Fine, Jacaranda FM se bestuurder, het gesê dis wonderlik om Rian terug te verwelkom en luisteraars kan uitsien na ’n stewige aanbieding deur die loop van die dag, gerugsteun deur twee sterk programme in die oggend en middag

Ek is hopeloos té lief vir die Jacaranda-luisteraars om net weg te gaan. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie. Dit is my huis!

En wat het Rian oor dié nuwe uitdaging te sê? “Ek is so bly om terug op die lug by Jacaranda FM te wees.

“Radio is in my bloed en ek het agtergekom ek is hopeloos te lief vir die Jacaranda-luisteraars om net weg te gaan. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie. Dit is my huis!”

Rian het duidelik net so diep onder sy luisteraars se vel ingekruip

Op 30 Maart vanjaar het Gavin Meiring Rian se program onderbreek om luisteraars se versoeke oor die lug te lees waarin gevra word dat Rian nie moet weggaan nie.

Rian het daarop sy besluit om weg te gaan, vir eers van die baan geskuif.


Martin Bester en Tumi Morake vermaak luisteraars vanaf 3 Julie in die oggend tussen 06:00 en 09:00 op Breakfast with Martin Bester & Tumi Morake.

Bykomende bron:jacarandafm.com