Dumi Masilela, wat die afgelope vyf jaar die rol van Sifiso in die sepie Rhythm City vertolk het, was gisteraand saam met ’n vriend in Tembisa aan die Gautengse Oos-Rand.  

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê: “Twee mans het in ’n wit Golf 7 sit en gesels toe hulle deur (mense in) ’n swart Jeep genader is wat hulle wou kaap.

“Die insittendes van die Golf het probeer wegjaag en een van hulle is getref.”

Dumi, wat luidens berigte die voertuig bestuur het, is in sy bors getref. Hy het stilgehou waarna die ander insittende in die motor met hom na die hospitaal gejaag het.

Hy het op 21 Mei vanjaar by ’n luisterryke geleentheid met die gewese Muvhango-aktrise Simphiwe Ngema, wat die rol van Thuli in die sepie vertolk het, getrou.

Idols-aanhangers sal hom ook onthou omdat hy in 2012 tot die top-18 van dié talentkompetisie gevorder het.

Dumi was juis besig om aan sy musiekloopbaan te werk toe sy lewe kortgeknip is. Só het hy sy bruid op hul troudag toegesing:

Huldeblyke stroom in vir Dumi

Bronne: youthvillage.co.za, enca.com, citizen.co.za