Die sepie-aktrise, Desiré Gardner, het Maandagoggend geboorte aan haar tweede kind geskenk.

[caption id="attachment_122182" align="alignnone" width="600"]Desiré saam haar man, Chris en hul driejarige eersteling, James. Foto: Verskaf Desiré saam haar man, Chris en hul eersteling, James. Foto: Verskaf[/caption]

Klein Robin is Maandagoggend vroeg in die Panorama Medi Clinic gebore.

Volgens Desiré se man, Chris, weeg Robin ’n gesonde 3,19 kg.

“Ma en dogter is gesond en alles het regtig goed verloop!” het ’n opgewonde Chris gesê.

Dit is die paartjie se tweede kind en hul eersteling, James, het in Mei 4 geword.

Desiré en haar man, Chris, werk saam by kykNET se gewilde sepie, Suidooster. Sy was tot onlangs as die borrelende Carmen Fourie te sien wat Jerome October (Danny Ross) se voete onder hom uitgeslaan het.

Chris is agter die skerms as die hoof van die tegniese afdeling en beligting betrokke.

Desiré is tans op kraamverlof en daar is nog nie ’n aanduiding wanneer sy weer in Suidooster te sien sal wees nie. Desiré was voorheen ook in Binnelanders te sien.

Hulle het einde 2015 die groot trek van Johannesburg na die Kaap onderneem waar hulle in die plattelandse dorpie, Philadelphia, net buite Kaapstad nesgeskop het.

EN HIER IS DIE EERSTE BABAFOTO!

[caption id="attachment_131849" align="alignnone" width="601"]Klein Robin het by geboorte 3,19 kg geweeg. Klein Robin het by geboorte 3,19 kg geweeg. Foto: Verskaf[/caption]