Die bekroonde Diamonds-sangeres (29) wat onlangs in Cannes, Frankryk, ’n draai gemaak het, is in die Groot Appel gekiek. Riri het gemaklik en stylvol gelyk in ’n lospassende geskeurde denimbroek en los blou hemp.

Haar voller figuur het egter die tonge laat klap. Daar het selfs op Twitter ’n mini-oorlog gewoed tussen haar aanhangers en galbrakers wat haar gewig gekritiseer het.

Sommige het gegis sy is swanger. Ander het Rihanna gemaan om minder te eet en meer te oefen.


“Rihanna is nie swanger nie,” vertel ’n bron na aan die sangeres aan HollywoodLife.com. “Jammer om almal teleurstel te stel, maar dit is nie so nie. Sy het iets wat aangaan, maar dis privaat.”

Die feit dat Rihanna onlangs ook in losserige klere gesien is, was verder olie op die vuur. Die Rihanna Navy – soos haar aanhangers heet – het egter vir haar opgekom. Hulle meen sy lyk wonderlik met haar nuwe figuur. En ons stem saam.

Wat dink jy van Rihanna se nuwe, wulpser figuur?


Bronne: HollywoodLife.com, Metro