Die gewilde Afrikaanse sanger Rudi Muller (38) bars omtrent van die trots ná die geboorte van eersteling, Tiamé.

[caption id="attachment_115244" align="alignnone" width="600"]Rudi hou trots sy babadogter Tiamé vas. Foto: Verskaf Rudi hou trots sy babadogter Tiamé vas. Foto: Verskaf[/caption]

“Dis die wonderlikste gevoel,” vertel hy opgewonde aan Huisgenoot, drie dae ná die geboorte van sy dogtertjie op 11 Januarie 2016.

Lees ook: Pragfoto’s van ’n swanger Elizma Theron

“Jou uitkyk op die lewe verander in ’n oogwink. Jou hart is dankbaar vir dié Godgegewe geskenk en jy voel dadelik oorbeskermend oor hierdie pragtige prinsessie.”

Rudi vertel ook van die groot hartseer wat hy en sy vrou, Lize (37), al moes deurmaak vandat hulle in 2009 getroud is. “Ons wou al so lankal kinders gehad het, maar God het besluit dit nog nie ons tyd nie.”

[caption id="attachment_115246" align="alignnone" width="600"]Rudi en Lize kort voor Tiamé se geboorte. Foto: Verskaf Rudi en Lize kort voor Tiamé se geboorte. Foto: Verskaf[/caption]

Maar vanwaar die besonderse naam Tiamé? “As dit ’n seuntjie was, sou ons hom Liebe genoem het na my oorlede pa, Lieb. My skoonma se naam is Thea, so vandaar die unieke kombinasie van dié twee name.”

Lize sterk nog aan in die hospitaal op Springs waar klein Tiamé gebore is. Rudi spits hom daarop toe om haar elke oomblik by staan. Sy raad aan nuwe pa’s? “Gee baie liefde en koester elke oomblik!”

[caption id="attachment_115248" align="alignnone" width="600"]Lize en Tiamé sterk nog aan in die hospitaal. Foto: Verskaf Lize en Tiamé sterk nog aan in die hospitaal. Foto: Verskaf[/caption]

“Ouerskap verander jou lewe drasties. Dis ’n groot verantwoordelikheid, maar ons verruil dit vir niks. Gelukkig ondersteun ons mekaar ten volle.”

Lees ook: Ray Dylan se seun kry eersdaags ’n halfboetie of -sussie

En hoe was dit om daardie eerste vuil doek om te ruik? “Glad nie té erg nie,” lag hy. “Die suster het ons gehelp met die eerste een, maar nou is dit al tweede natuur.”

Rudi se nuwe album Tetelestai het ook onlangs goue status bereik. Een van die treffers daarop is Jy Bly My Kind.

– Petrus Malherbe