[caption id="attachment_167357" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]
Die Crazy in Love-sangeres het op 4 April 2008 in ’n privaat plegtigheid in New York afgehaak. Gister het Tina, ’n stilis, aanhangers nog ’n glimp van die gelukkige egpaar se groot dag gegee terwyl sy die twee voorspoed toegewens het. Die swart-wit foto is geneem oomblikke nadat die bruid en bruidegom ewige trou aan mekaar beloof het. Beyoncé hou haar regterarm omhoog en ’n glimlaggende Jay Z (sy regte naam is Shawn Carter) hou haar regterhand vas en begelei sy nuwe vrou in die paadjie af.

A post shared by Tina Knowles (@mstinalawson) on

“Alreeds nege jaar???” skryf Tina by die foto. “Geluk aan die Carters met hul herdenking.”

Die trotse ma voeg dan by: “Dis my arm wat die rok regtrek, LOL,” terwyl sy haarself in die agtergrond uitwys waar sy diskreet die sleep van haar dogter se wit rok help uitstryk.

Beyoncé en Jay Z se groot dag in 2008 was in geheimhouding gehul. In 2014 het die uiters privaat paartjie egter grepe van die plegtigheid tydens hul gesamentlike On The Run-toer gedeel. Die rap-magnaat het dit in 2015 in die sosiale media gedeel ter viering van hul sewende huweliksherdenking.

Beyoncé het ook grepe by die musiekvideo vir All Night ingesluit wat sy verlede jaar uitgereik het.

Die sterre het heelwat om te vier. Beyoncé verwag nou ’n tweeling – sibbes vir hul vyfjarige dogter, Blue Ivy.

Dit is nie duidelik wanneer sy na verwagting die lewe sal skenk nie, maar die sangeres het die babanuus in Februarie bekend gemaak. Sedertdien het sy in ’n reeks swangerskapfotosessies met haar groeiende babamagie gespog. Die jongste stel foto’s van ’n aandjie uit het sy oor die naweek uitgereik.

© Cover Media