Louis Tomlinson vind vandeesweek uit of hy vervolg gaan word ná ’n bakleiery op die lugawe met ’n fotograaf.

[caption id="attachment_165672" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die 25-jarige ster van One Direction is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem ná ’n onderonsie met die steelfotograaf Karl Larsen op die lughawe in Los Angeles. Louis word ook daarvan beskuldig dat hy drie vroue aangerand het wat glo betrokke was by ’n onderonsie met sy meisie, Eleanor Calder, wat saam met hom was ten tyde van die voorval. Die beweerde slagoffers het toe ’n burgerlike inhegtenisneming uitgevoer en die Britse sanger is aan polisiebeamptes oorhandig wat hom van aanranding aangekla het voor hy op borgtog vrygelaat is. Bronne het aan The Sun on Sunday gesê Louis sal binne die volgende vyf dae uitvind of hy vervolg gaan word. ’n Voorlopig hofdatum is vir Woensdag vasgestel. “Ons het die saak ontvang en geen finale besluit is nog geneem nie,” het Frank Mateljan, woordvoerder vir die polisie in Los Angeles gesê. “Daar sal vroeg volgende week ’n besluit geneem word. Aanklaers ondersoek nog die saak.”

A post shared by Louis Tomlinson (@louist91) on

Volgens ’n polisieverslag het Louis vars skaafwonde op sy kneukels ná die voorval gehad en Karl beweer hy is bewusteloos geslaan, volgens dokumente wat The Sun on Sunday in die hande gekry het. Louis se prokureur, Martin Singer, hou vol sy kliënt het uit selfverdediging opgetree en het in ’n verklaring gesê: “Die paparazzo het hom uitgelok en die onderonsie tussen hom en Louis veroorsaak. Dis nie dit eerste keer dat ’n paparazzo ’n skermutseling met ’n bekende veroorsaak het nie. Terwyl dit aan die gang was, het drie ander invidiue sy meisie aangeval. Louis het tydens die voorval tot haar redding gekom.” Louis het ten spyte van sy regsdrama Saterdag ’n roerende boodskap aan sy ma in die sosiale media gedeel. Saterdag sou Johannah Deakin, wat in Desember haar stryd teen leukemie verloor het, se 44ste verjaarsdag wees.

A post shared by Louis Tomlinson (@louist91) on

Die sanger het op Twitter geskryf: “Gelukkige verjaarsdag, Ma. Ek is lief vir jou x.”

© Cover Media