Die Assay-laboratorium in Birmingham, Engeland, het bevind namaaksels van die gewilde plastiekrekkies waarmee armbande geweef word, bevat hoë vlakke ftalate, ’n karsinogeniese stof wat dikwels in plastiek voorkom.

Die aanvraag na die gewilde speelding is so hoog dat partye ouers hulle nou na namaaksels van die ware Jakob wend om die bandjies vir hul kinders in die hande te kry.

Volgens die Daily Mirror het navorsers bevind die ftalaat-vlakke in sommige van die namaaksels is tot 500 keer meer as die toegelate hoeveelheid.

TimesLive berig dat die hoofnavorser by die Suid-Afrikaanse Kankervereniging, dr. Carl Albrechts, nou sy eie studies onderneem op die bandjies wat plaaslik beskikbaar is om te kyk wat die risiko vir Suid-Afrikaners is.

- Mieke Vlok

Bronne: TimesLive, Daily Mirror, thelaboratory.co.uk

Lees ook: