Die omgewingskenner en gewilde aanbieder van Groen op kykNET, Dave Pepler, is Saterdagoggend op ’n gewilde staproete buite Stellenbosch aangeval.

[caption id="attachment_164526" align="alignnone" width="600"]Die omgewingskenner en gewilde aanbieder van Groen op KykNET, Dave Pepler. Foto: Facebook Die omgewingskenner en gewilde aanbieder van Groen op KykNET, Dave Pepler. Foto: Facebook[/caption]

Dave en een van sy studente, Handré Basson, is deur drie mans teen Bothmaskop oorval en van hul selfone beroof.

“Ons [is] met houtpale en klippe gepak,” vertel Dave op sy Facebookblad.

Volgens hom stap hy die roete al vir etlike jare sonder enige probleme.

“Ek stap hierdie pad al 40 jaar sonder probleme, maar navrae by die hospitaal en by die polisie toon dat hierdie pad nou lewensgevaarlik geword het.”

In sy inskrywing belowe Dave ook dat hy gaan stappe neem om die situasie aan te spreek.