kykNET het die blye nuus Sondag op hul webtuiste gedeel. Die egpaar, wat op 22 Augustus 2015 getroud is, het reeds in Januarie gehoor hul eersteling is op pad.

Walter en Donsie trou

A post shared by Gerrie Rossouw (@gerryontop) on

Carna vertel die bloedtoetse was aanvanklik onduidelik en dat hulle drie weke moes wag voor hulle die goeie nuus met familie en vriende kon deel.

“Op 20 Januarie het my ma verjaar, en toe het ons die nuus aan hulle en my skoonouers oorgedra. Dit was die langste gewag nog!”

Gevra oor wat haar grootste droom vir haar ongebore kind is, het Carna geantwoord: “Dat Baba moet wees wat Liewe Jesus gedroom het oor hom of haar. Baba moet sy of haar eie identiteit hê.”

Dit is nog onbekend of die Rossouws 'n seuntjie of dogtertjie ryker gaan word of wanneer die kleinding sy of haar opwagting gaan maak.

Die tiende seisoen van Boer soek 'n Vrou word later vanjaar op kykNET uitgesaai.