[caption id="attachment_166732" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die voormalige egpaar, wat hul egskeiding in 2014 bekendgemaak het met ’n verklaring wat lui hulle “ontkoppel bewustelik”, het sedertdien goeie vriende gebly en selfs saam hul kinders, Apple (12) en Moses (10), met vakansie geneem.

En noudat dit lyk of Gwyneth en haar vervaardiger-kêrel van amper drie jaar trouplanne het, is die Goop-magnaat glo glad nie van plan om Chris eenkant toe te skuif nie.

“Gwyneth en Chris het geheg gebly sedert die skeiding en Gwyneth dink dit sal ideaal wees as Chris haar afgee,” het ’n bron aan die tydskrif Closer vertel. “Sy het gesê dit sal die volmaakte toonbeeld wees van hoe geheg hulle nog is en haar volgehoue respek vir hom as die pa van haar kinders.

“Sy meen ook dit sal baie spesiaal vir haar kinders wees om te sien hoe verenig sy en Chris steeds is.”

Terwyl die meeste ekse dit dalk vreemd sal vind as hul voormalige lewensmaat hulle voor die kansel afgee, geld dit nie in Gwyneth se wêreld nie.

Die 44-jarige het al oor hul hegte band gepraat en selfs volgehou: “Chris sal vir my voor ’n koeël inspring”.

Die Coldplay-sanger gaan nou uit met die beeldskone Peaky Blinders-aktrise Annabelle Wallis. En terwyl hy nog geen kommentaar oor die berig gelewer het nie, beweer die bron Gwyneth se kêreld sal dalk oorreed moet word.

“Brad wil Chris by die troue hê, maar hy is nie seker daaroor dat hy ’n sleutelrol by die plegtigheid speel nie,” beweer die bron.

© Cover Media