[caption id="attachment_160734" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die aktrise, wat in Maart 42 word, is bekend vir haar pragtige donker lokke. Sy het nou erken dis alles kunsmatig en verduidelik sy aard na haar ma, wie se donker hare ook vroeg-vroeg ligter geword het.

“Ek is al grys vandat ek iets soos 18 was. Dankie, Ma!” het sy laggend op die New Yorkse geselsprogram The View vertel. “En aangesien my hare donker is, sien ’n mens dit gou. Ek moet dus my hare elke twee weke laat kleur. Dit groei so vinnig.”

Eva, ’n ambassadeur vir L’Oréal, het intussen ’n makliker manier gekry om haar grys hare weg te steek – dié skoonheidshuis se Root Cover Up-haarsproei. Sy hou vol dit kan ’n mens se lewe verander.

“Ek het alles beproef,” het sy geweeklaag. “Ek het die maskara-soorte aangewend, die grys hare met swart oogskadu probeer bedek . . . Dié haarsproei is in alle kleurreekse te kry en vir alle teksture geskik. Dis vir almal. Dis ook revolusionêr hoeveel tyd en geld dit bespaar. Dit werk so goed.”

Eva, wat in Mei haar eerste huweliksherdenking met die Mexikaanse televisiehoof José Bastón (48) vier, voeg by “die heel beste is dat daar geen neerslag is nie. Dis nie taai nie en hou tot jy weer jou hare was. Dis dus supertydelik, maar doen werklik die ding.

– Cover Media