Megan Fox en Brian Austin Green het hul derde seun in die wêreld verwelkom.

[caption id="attachment_133592" align="alignnone" width="604"]Megan Fox and Brian Austin Green. Foto: Patrick Hoffmann/WENN.com Megan Fox and Brian Austin Green. Foto: Patrick Hoffmann/WENN.com[/caption]

Die Transformers-aktrise het op 4 Augustus aan Journey River Green die lewe geskenk, volgens E! News. Die pasgeborene is ’n kleinboet vir die driejarige Noah en tweejarige Bodhi.

Megan het haar aanhangers in April vanjaar met haar swangerskap verras toe sy haar bababoepie die eerste keer by ’n geleentheid van Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows in Las Vegas wys – agt maande nadat sy Brian om ’n egskeiding gedagvaar het.

Lees ook: Kyk watter 7de Laan-ster is weer pa!

Die egpaar is sedertdien versoen en Megan het onthul sy en Brian het kort nadat hulle die babanuus bekendgemaak het tydens ’n romantiese vakansie in Hawaii, waar hulle in 2010 getroud is, besluit om hul huwelik nog ’n kans te gee.

Megan het onlangs erken sy was nie van plan om gou nog ’n kind te hê nie, veral aangesien haar oudste twee seuns so na aan mekaar is.

Lees ook: Graeme Smith word weer pa!

Die aktrise se pa, Franklin, het in Junie vanjaar gesê die herenigde egpaar verwag nog ’n seun.

“Megan is ’n wonderlike ma en ek kan nie glo sy gaan drie seuns hê nie,” het hy aan Daily Mail Online gesê. “Oupa-word was ’n wonderlike ervaring en het ons almal selfs nader aan mekaar gebring.”

En Franklin hou vol Megan en Brian is gelukkiger as ooit.

“Al wat ek kan sê, is hulle is saam en hulle is gelukkig,” het hy gesê. “Ek het Brian al ’n paar keer gesien en hy is ’n wonderlike ou.”

© Cover Media