Salma Hayek, ’n groot diere-aktivis, se geliefde Blue het Vrydag gesterf. Sy het op Instagram hulde aan hom gebring deur verskeie oulike foto’s van hulle twee saam te deel.

“My Blue se liggaam het gister gesterf. Ek verstaan dat hy in ’n beter plek is, maar my oë huil desondanks,” lees die inskrywing. Op 29 Maart het sy vertel dat Blue aan ’n raar siekte ly en dat daar net twee keuses is vir die pad vorentoe – óf eksperimentele behandeling óf Blue moet uitgesit word.

My Blue and my Lupe doing a #dog #yinyang. Mi Lupe y mi Blue haciendo un yin yang de #perro. #blue

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Dis nie die eerste keer dat Salma die verlies van een van haar geliefde troeteldiere in die sosiale media deel nie. In Februarie 2016 is haar hond, Mozart, dood gevind op haar plaas. Sy die hartseer nuus op Instagram gedeel met die woorde: “Ek het vir meer as ’n week nie iets geplaas nie omdat ek treur oor die dood van my hond, Mozart, wie ek persoonlik uit sy ma se baarmoeder gehelp het. Hy is dood gevind, met ’n skoot naby sy hart.”

I haven't posted for a week as I been mourning the death of my dog, Mozart who I personally delivered out of his mother's womb. He was found dead in my ranch last Friday with a shot close to his heart. I am hoping that the Washington State authorities do justice to this wonderful dog whom in 9 years never bit or attacked anyone. He loved his territory and never strayed away...he was the most loving and loyal companion. He didn't deserve a slow and painful death. #doglover #animalrights #dog #dogoftheday #rip #delivery #washingtonstateauthorities Hace una semana que no pongo nada ya que he estado de duelo por la muerte de mi perro Mozart. De quién fui la partera, lo encontramos el viernes pasado con un tiro cerca del corazón. Espero que las autoridades del estado de Washington le hagan justicia a este extraordinario perro que durante 9 años nunca mordió o atacó a nadie, adoraba su territorio y nunca se escapó. Era el compañero más leal y no se merecía una muerte lenta y dolorosa. #muerte #perro #justiciaporlosanimales

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Sy het gesê Mozart het in 9 jaar nooit iemand gebyt of aangeval nie. Haar buurman het bevestig hy het skote afgetrek nadat hy hom in sy motorhuis aangetref het waar Mozart met sy honde baklei het. Hy het glo nie besef hy het vir Mozart getref nie.

Dis die einste Salma wat al op ’n keer glo aan haar man voorgegee het dat sy ’n affair het eerder as om te erken dat sy nóg ’n hond aangeneem het. Sy het gehoop die witleuentjie sal die kennis van nog ’n vierpotige toevoeging tot die gesin se tientalle diere versag. Tydens ’n onderhoud met Graham Norton van The Graham Norton Show-faam in 2016 het sy vertel dat sy 10 honde, vyf papagaaie, alpacas, perde en katte gehad het. “Die een sonder ’n stert, die ander een sonder ’n been, jy weet?” het die ma van die 9-jarige Valentina vertel.

This is Cinnamon, an alpaca that was born in my animal sanctuary.

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Hulle het meer as 30 diere gehad en sy sou sweer dis waar dit sou eindig. Toe “vind” nog ’n hond haar. Dit het tot die geboorte van haar affair-witleuentjie gelei.

Gelukkig ken haar man, Francois-Henri Pinault, haar beter. Sy reaksie? “Ag, moet asseblief nie vir my sê jy het nog ’n hond opgetel nie?”

Bronne: etonline.com, nydailynews.com, dailymail.co.uk