Zetske van Pletzen en haar man Altus Theart het ouers van 'n babaseuntjie geword! Die akteursegpaar se eerste kleinding, Alexander, is vroeg Vrydagoggend gebore.

“Vandag het my lewe vir die tweede keer begin,” het die ster van Getroud met Rugby aan kykNET gesê. “Ek en Zetske is so geseënd om hierdie geskenk van die Here af te ontvang. Woorde kan nie beskryf hoe dit gevoel het om ons lyfie vas te hou nie.” Altus en Zetske is in 2012 getroud ná hulle op die stel van die dramareeks Kruispad ontmoet het. Zetske hou deesdae haar lyf mode-ontwerper. Sy het ook onlangs begin ontwerp aan ’n klere-reeks vir swanger vroue. Altus vertolk die hoofrol in Getroud met Rugby.

Baie dankie @rdkrenskedeklerk vir hierdie ongelooflike maternity foto's! #maternityshoot #babybump @halomaternity

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Zetske is die dogter van Pierre van Pletzen en aktrise Elzette Maarschalk. Zetske het sowat twee weke gelede ’n foto van haar destydse Rooi Rose-voorblad saam met haar ma op Instagram gedeel. Haar ma het die einste foto ’n paar uur voor Alexander se geboorte gedeel.