Maak gereed om Sondag 9 Julie om 20:00 op DStv-kanaal 144 in te skakel vir Kwêla in sy splinternuwe tydgleuf.

Wat kan nou lekkerder wees as om jou naweek af te sluit met ’n heerlike kuiersessie propvol stories van ons mooi land?

Hier is ’n voorsmakie van Sondag se saamkuier

  • Hannes gesels aan huis met die bokslegende Jimmy Abbott oor sy loopbaan, geskiedenis en stryd met gewigs- en hartprobleme.
  • Kuier saam by die Kokkedoor 2013-naaswenner Theresa de Vries, wat land en sand gesels oor haar splinternuwe resepteboek.
  • Die dansende Disney-ysskaatspaar Konrad en Yolande Giering sal jou met hul passies op die ys betower.
  • Bou saam met Sias & Anatjie Odendaal aan 'n vyfster-pophuis.
  • Die akteur Gideon Lombard kuier op die rusbank en gesels oor sy trefferstuk, gegrond op Mark Behr se Die Reuk van Appels, op die Vrystaatse Kunstefees.