Die vermaaklikheidster Therese Benade (39) is reg vir ’n nuwe rol: dié van verloofde vrou.

thereseuse
Therese het veral bekendheid verwerf vir haar spel in die kykNET-sepie Villa Rosa en die Afrikaanse TV-reeks Song vir Katryn. Deesdae wen sy harte as Kwêla-aanbieder.

Donderdagaand het Christian Bam (50), ’n bekende Kaapse argitek, haar om haar hand gevra.

theresemain
“Christian het my heeltemal onkant betrap met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die jawoord gegee,” sê ’n verheugde Therese.

“Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig vandag die gelukkigste vrou ter wêreld.”

Die paartjie het by die Cape Grace-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad verloof geraak.