"Sy het laas Woensdag inmekaar gesak en is hospitaal toe gevat," vertel Charlize Berg se ma en bestuurder, Ilse van der Berg, vir ons. "Sy het ’n ruk terug begin siek raak. Elke keer is sy vir iets behandel en dan het sy net die volgende week weer siek geraak," sê Ilse.

Charlize het ’n ruk terug ’n blaasinfeksie gehad. "Dit het toe in die niere ingetrek. Toe kry sy nierpypontsteking. Die dokter het medisyne gegee, maar dit het nooit opgeklaar nie. Sy het nou nierinfeksie," bevestig Ilse.

Charlize sterk tans aan by die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion. "Sy reageer goed op behandeling. Sy kry elke dag binneaarse antibiotika. Sy behoort hopelik vandag ontslaan te raak. Ons hou duim vas," vertel Ilse.

Charlize het oor die naweek laat val dat sy in die hospitaal opgeneem is. "Na vier dae in die hospitaal vir baie erge nier, blaas, oor en mond-infeksie, is dit vinnig wat ’n mens net weer agterkom hoe kosbaar elke oomblik van die lewe is," het sy Saterdag op Instagram vertel.

"Hoe elke asem maar net aan ons geleen is deur een genadige, amazing God wat omgee en ons so baie lief het. Die jaar was sover vir my crazy en dis so maklik om jouself in die proses so bietjie te kan verloor. Die tydjie van rus en totaal en al oorgee aan Sy genade het baie weer net in perspektief gesit en my net weer laat besef hoe kosbaar die verhouding is wat jy het met God," het sy gesê.

Na 4 dae in die hospitaal vir baie erge nier, blaas, oor en mond infeksie, is dit vinnig wat 'n mens net weer agter kom hoe kosbaar elke oomblik van lewe is. Hoe elke asem maar net aan ons geleen is deur een genadige, amazing God wat omgee en ons so baie lief het. Die jaar was sover vir my crazy en dis so maklik om jouself in die proses so bietjie tekan verloor.. die tydjie van rus en totaal en al oorgee aan Sy ganade, het baie weer net in perspektief gesit en my net weer laat besef hoe kosbaar die klein dinge in die lewe is en hoe beautiful verhoudings is met die vriende en familie wat jou lief het en altyd sal ondersteun maak nie saak wat nie en belanrikste van als, hoe kosbaar die verhouding is wat jy het met God het. Mag ons niks in hierdie kort tydjie op aarde ooit "for granted" vat nie en elke dag volluit lewe met dankbaarheid vir elke bietjie wat God ons mee seën deur sy ongelooflike genade! Ek hoop om Maandag ge ontslaan teword, so bid asb saam met my vir volkome genesing ???? dankie aan almal wat my en my musiek tot vandag toe nog bystaan en ondersteun.. dis 'n voorreg om my talent tekan uitleef en dalk iemand daar buite tekan inspireer.. Een ding is verseker, God is goed en LIEFDE is waaroor die lewe gaan. Ek hou julle op hoogte! Liefde ?? en dankie aan al my hartsmense wat my nog net kom orlaai het met liefde, pragtige boodskappe, gebed en gifts, julle maak die lewe so veel soeter! Lief vir julle almal.. #strongwomen #hospital #overcoming #winter #sick #recovery #gettinghealthy #positivity #faith #believe #inspire #dream #wonderwomaninallofus #godlywoman #strenthinhim #focused #prayer #thankful #life #love #trust #hope #jesusismysavior #blessed #almostthere

A post shared by Charlize Berg (@charlizeberg) on

Daar was darem goeie nuus. Sy't gister op Instagram laat val haar liedjie Asof Liefde Nie Seer Maak nie boer bo-aan Jacaranda se SA Top 20-lys. Veels geluk!

Charlize en haar skoolliefde, Warren Linden, ’n kandidaat-argitek van Pretoria, het in April afgehaak.

Die paartjie en Charlize se hartsmense is tans op die kassie te sien in hul werklikheidsreeks Die Bergs op VIA (DStv-kanaal 144).

Sterkte Charlize!