Sy het die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria ondersteun toe daar by haar motor ingebreek is. 

Nádine het die nuus Sondag op die sosiale netwerk Instagram gedeel.

“Wanneer daar in jou kar ingebreek word ná ’n rugbywedstryd by Loftus . . .  ’n Mens voel beroof. En kwaad. En stomgeslaan wanneer jou skootrekenaar en radio en beursie en paspoort en bankkaarte en bestuurslisensie alles weg is,” het sy by ’n foto geskryf van haar motor wat vol glasstukke was.

“Dit terwyl jy besig was om jou land en sport te ondersteun en die lewe te geniet vir die kort tydjie wat ons hier op aarde is. Êrens binne my weier ’n klein stemmetjie om moed op te gee. Want moed begin tog êrens...?”

Sy was gelukkig nie in die motor nie en is veilig en ongedeerd.