Sy het Woensdagaand ’n selfie van haar bababoepie op Instagram gedeel met die inskrywing: “My little #boep #BabyBump#No3 #Momof3."

My little #boep ? #BabyBump #No3 #MomOf3 ?????? @jdbkruger07 ?????

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on
Sy het ook op Twitter die volgende inskrywing gemaak: “Fresh colour and a boep. Dankie Karen – vir die hare! Die boep het met Hannes Kruger te doen #Nommer3.” By albei inskrywings is daar drie hartjies.

Jana en haar man, Hannes Kruger, en hul kinders, Ohan (6) en Luka (4), woon in Simonstad in die suide van die Kaapse Skiereiland.

Die sesde seisoen van Erfsondes begin in September op SABC2.